Petisie begin teen beplande straatnaam veranderinge in Mbombela

Loading player...
‘n Petisie is opgestel om Mbombela-munisipaliteit se besluit, om 14 straatname in Nelspruit, Witrivier, Hazyview en Barberton te verander, teen te staan. Inwoners is genooi om binne 30 dae insette te lewer en nuwe name voor te stel vir die strate.
Hulle is: Piet Retief, Bester, Anderson, Brown, Ferreira, Henshall en Voortrekkerstrate in Nelspruit, sowel as Ou Pretoria-weg. In Witrivier is dit Danie Joubert en Theo Kleynhans. In Hazyview word die R40 hoofstraat geraak, sowel as Tarentaal en Stormvoëlstraat. Krugerstraat in Barberton se naam sal ook verander.
TJ Maré van We Care 4 Nelspruit, wat die petisie daarteen begin het, sê die munisipaliteit het nie geld om basiese dienste te lewer nie, maar prioritiseer naamsveranderinge.
30 May 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Comrades-wenner vertel van sege

George Kusche, wat oorspronklik van Malalane afkomstig is, het Sondag die Comrades marathon gewen, en boonop 'n nuwe rekord opgestel. Hy gesels met Coenie tydens die Middag Game Drive.
19 Jun 10 min

GRIP baat by SPAR Women's Challenge

Die SPAR Women’s Challenge Laeveld op 18 Julie is ten bate van GRIP en dit is uitverkoop! Tarryn Lokotsch vertel vir die Middag Game Drive hoekom hulle hierdie ondersteuning nodig het.
19 Jun 8 min

Sonkragstelsel? Beveilig hom so

Callum MacPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor die tendens van mense se beleggings in sonkrag-infrastruktuur wat gesteel word.
18 Jun 17 min