
PM berig oor “koeivrye melk” wat onlangs bekendgestel is
Loading player...
‘n Nuwe suiwelproduk, “Betterland milk” is onlangs in Amerika vrygestel. Dit is ‘n tipe koeivrye melk wat egter dieselfde kook-, klits-, stoom-, skuim- en bakfunksies as gewone melk lewer. Die maatskappy, Perfect Day, eksperimenteer al die afgelope jaar met melkalternatiewes. Intussen het ‘n Deense vennootskap weer begin om die gesondheidsimpak van suiwel en suiwelbestanddele te toets. Die vennootskap poog om kennis in te win rakende gesondheidsaspekte wat direk toegepas word tydens suiwelproduksie.