Agri-uur: 26 April, Pieter Taljaard

Loading player...
Die veiligheid van besoekers, uitstallers en personeel is vir Graan SA belangrik gedurende vanjaar se NAMPO Oesdag, wat vanaf 16 tot 20 Mei op NAMPO Park in Bothaville gaan plaasvind. Dit is volgens Pieter Taljaard, die hoofuitvoerende beampte van Graan SA. Taljaard sê dit is noodsaaklik om aan die Covid-19 regulasies, wat in plek gestel is deur die regering, te voldoen om te verhoed dat die virus nie by groot byeenkomste soos skoue versprei nie. Maar hy is hoopvol dat regulasies voor 16 Mei verslap sal word. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…
25 Apr 2022 9AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min