
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat
Loading player...
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik die redes vir die jongste styging van vleispryse. Hy verduidelik ook die impak van die uitbraak van bek-en-klouseer op pryse. Hoewel beesvleispryse waarskynlik gaan daal in die winter, sal die aanvraag en aanbod deurslaggewend wees in die volgende paar weke. April is gewoonlik die maand met die laagste pryse vir stoorlammers. Bees- en lampryse kan dus dalings verwag en ná Junie/Julie weer te begin styg.