
Agri-uur: 14 April, Elmarie Prinsloo
Loading player...
Vanjaar se Bloemskou is amptelik bekend gestel met 'n vol program wat vir oud en jonk voorsiening maak. Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, sê die afgelope twee jaar was uitdagend aangesien die Covid-19-pandemie en beperkings verhoed het dat die skou plaasvind. OFM-nuus se Elsabé Richard het met Prinsloo gesels ná die amptelike bekendstelling van die skou vandeesweek…