
Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige, gesels vandag oor misdaad en die rol van die polisie
Loading player...
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat veral spesialiseer in grondregte. Hy behandel vandag die interessante onderwerp van misdaad en die rol en verpligtinge van die Polisie. Volgens hom het die Polisie drie belangrike verpligtinge en dit is om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek. Moolman praat oor misdaad intelligensiestelsels en hoe die polisie dit hanteer. Hy beveel onder andere, uit ‘n regsoogpunt, aan dat die polisie die regte en voldoende opleiding moet ondergaan en toegerus moet word met die regte toerusting.