
Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer sywaarts beweeg teenoor die Amerikaanse dollar. Rentekoerse is ook weer opwaarts aangepas. Slagpryse geniet goeie ondersteuning. Speenkalfpryse het weer verder gedaal hierdie maand. Stoorlampryse het effens gestyg. Hoendervleispryse het hierdie week gedaal as gevolg van kleiner vraag. Varkvleispryse het weer effens gestyg. Bokpryse het ook weer verder gestyg die afgelope week.