
Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Rentekoerse is ook weer opwaarts aangepas. Slagpryse geniet goeie ondersteuning. Speenkalfpryse het weer verder gedaal hierdie maand en slagpryse het sterk gestyg. Hoendervleispryse het weer hierdie week ‘n opwaartse neiging getoon. Varkvleispryse het intussen effens gestyg. Bokpryse het weer verder gestyg die afgelope week.