
PM berig oor die regte gebruik van inenting teen slenkdalkoors
Loading player...
Volgens ‘n verslag van Cape Wools, is dit belangrik dat kleinveeboere seker moet maak van die regte inenting teen slenkdalkoors om die doeltreffendheid van die entstof te verseker. Die entstof kan verseker doeltreffend wees, mits die regte prosedures gevolg word. Onder andere word aanbeveel dat dit te alle tye in temperature van tussen 4 en 10 grade geberg word en so gou moontlik toegedien word, omdat die komponente daarin binne 24 uur afbreek.