
Charl Saunderson gesels in sy weeklikse praatjie; “Kom ons praat ‘n bietjie boer”
Loading player...
Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en Dorperskaap-teler uit die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson was ‘n klompie jare gelede aangewys as Suid-Afrika se Skaapboer van die jaar. Hy is ook ‘n bekende motiveringspreker, berader, predikant, maar bo alles ‘n grondeienaar, produsent en boer. Saunderson gebruik eenvoudige terme in landbouers se lewe en verduidelik ook die lesse wat te leer is om suksesvol te kan boer. Vandag praat hy oor winsgewende produksie en verkillende meetinstrumente.