PM berig oor die tekort aan snotsiekte-entstof in Suid-Afrika

Loading player...
AgriOrbit berig oor ‘n tekort aan snotsiekte-entstof in Suid-Afrika, nadat daar verlede jaar ‘n ooreenkoms gesluit is tussen Onderstepoort Biologiese Produkte en ‘n navorsingsinstituut in Skotland. Die doel hiermee was om tegnologie te verkry vir die ontwikkeling, registrasie en vervaardiging van ‘n entstof teen snotsiekte. Dit blyk egter nou dat daar nog geen entstowwe in Suid-Afrika teen snotsiekte geregistreer is nie en dat dit nog ‘n paar jaar kan duur voordat die produk ontwikkel en beskikbaar gestel sal word.
23 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes