
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universteit van die Vrystaat
Loading player...
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, praat oor die uitbraak van bek-en-klouseer in Suid-Afrika en ook oor die sogenaamde “hot spots” waar dit voorkom. Die Departement van Landbou het alreeds met maatreëls begin om dit hok te slaan, maar volgens Maré is die enigste manier om dit te oorkom, die effektiewe identikfikasie en naspeurbaarheidsmetodes. Die uitbraak van bek-en-klouseer het verreikende gevolge veral vir die uitvoer van Suid-Afrikaanse vleisprodukte en daar sal dringend gekyk moet word na stelsels om primêre produsente ook by voorkomingsmaatreëls in te sluit.