
Dr Frikkie Maré, 'n senior landbou-ekonoom aan die Universteit van die Vrystaat
Loading player...
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik die positiewe en negatiewe pole wat die hele landbousektor tans oorheers. Die goeie reën en goeie landboutoestande in die begin van die seisoen, word nou opgeweeg teen negatiewe faktore soos die springkane en die oorlog in die Oekraine en Rusland. Brandstof, diesel en kunsmis se pryse skiet skielik die hoogte in en landbouers word aangeraai om eerder te probeer oorleef in die korttermyn om negatiewe faktore die hoof te bied.