
PM berig oor suiwelnuus uit die buiteland
Loading player...
Die Italiaanse melkbedryf het verlede jaar rekord-uitvoere behaal terwyl melkverbruik weer in die VSA gedaal het. Suiwel vorm tans die grootste gedeelte van die Italiaanse landbouvoedselsektor. Van die produkte wat die meeste na die buiteland uitgevoer word, sluit in pecorino en mozzarella. Intussen het melkverbruik in Amerika sterk afgeneem. Die totale suiwelprodukverbruik het verlede jaar egter ‘n nuwe rekord behaal met toenames in roomys-, jogurt- en botterverbruik.