Goeie nuus vir Noord-Kaapse skole-atlete

Loading player...
Dit was eers trane van teleurstelling, maar toe kom trane van blydskap vir die atlete van Namakwaland.

Dit, nadat 'n beplande atletiekbyeenkoms weer kan voortgaan.

Aanvanklik sou die Nama Khoi atletiekbyeenkoms vir hoërskole vandag op Springbok plaasgevind het.

Die departement van onderwys het egter Woensdag 'n verklaring uitgereik dat die byeenkoms afgestel is.

Dit sou ook beteken dat hierdie atlete nie op 5 Maart aan die provinsiale byeenkoms in Kimberley sou kon deelneem nie.

OFM-nuus/Isaac Cloete
25 Feb 2022 9AM English South Africa News · Business

Other recent episodes