
Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer versterk hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het begin versterk na ‘n beter vraag. Slagpryse het hierdie week meestal dieselfde gebly maar kan ook binnekort ‘n afwaartse neighing toon. Varkvleispryse het weer hierdie week verder gedaal en verkeer onder druk. Bokpryse het intussen weer gedaal as gevolg van ‘n swakker vraag.