
Agri-uur: 1 Februarie, Dr Stoffel du Toit
Loading player...
Die potensiaal van turksvye is feitlik eindeloos - tot olie kan uit sy pitte gepars word wat vir die behandeling van brandwonde gebruik kan word. Dr Stoffel du Toit, eienaar van die plaas Smousdam, waar ‘n turksvyoes-inligtingsdag verlede Vrydag plaasvind het, sê verder omdat Suid-Afrika ‘n land is wat van tyd tot tyd droogte ervaar, kan turksvyblare in veevoer omskep word vir beeste en skape in tye van skaarste. OFM-nuus se Elsabé Richard het hieroor met hom gepraat…