Sensus 2022 breek aan

Loading player...
Die 2022-sensus het aangebreek. Die volkstelling skop op 3 Februarie af. Huishoudings het tot middernag Maandag, 31 Januarie, om te registreer.
Robert Thenga van Statistieke Suid-Afrika in Mpumalanga verduidelik dat mense vooraf moet registreer en kan kies of hulle in persoon, telefonies of aanlyn die vraelys in wil vul.
Registreer hier: https://getcounted.statssa.gov.za/#!/home (Dit verg nie selfoondata nie). Om 'n sensusopnemer te verifieer, skakel 0800-110-248.
28 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Crossing SUPERSPAR nooi jou uit

Crossing SUPERSPAR hou Saterdag 'n makietie en 100.5FM gaan die feestelikhede regstreeks uitsaai. Grant van Rooyen kuier in die ateljee.
29 Aug 12 min

Sunbake ondersteun skole

Jabu Sethole van Sunbake was vanoggend in die ateljee saam met Andri en Neels om meer te vertel oor Sunbake se "Back to School"-inisiatief.
27 Aug 12 min

Pumas delf onderspit teen Boland, tekkel WP volgende

Die Sanlam Boland Kavaliers het ‘n terugkeer van ‘n agterstand van 21-3 gelewer, om die Airlink Pumas Vrydagaand met 29-26 in Mbombela te klop, wat hulle bo-aan die Curriebeker-puntelys plaas. Spanbestuurder, Sam Sikiwe, kuier by Sonop Ontbyt voor hul kragmeting Saterdag teen die WP in Kaapstad.
27 Aug 9 min

Dr. Peet van der Walt deel stories van sy ervaring

Dr. Peet van der Walt is 'n legende in natuurbewaring. Hy was lank die adjunkhoof van Natuurbewaring in Namibië en het 'n sleutelrol gespeel in die stigting van die oorgrens parke. Hy was by Charles in die ateljee tydens Saterdag Ontbyt.
26 Aug 16 min