
PM berig oor vordering wat gemaak is om geldwassery by wildsmokkelaars te onthul
Loading player...
Groot vordering is die afgelope tyd gemaak met die blootlegging van hoe kriminele sindikate finansiele stelsels gebruik om te funksioneer. ‘n Suid-Afrikaanse taakmag teen geldwassery het met goeie navorsing, groot vordering gemaak om dit hok te slaan en dit word internasionaal geloof as ‘n uitstekende bedryfsmodel. Daar word ook gehoop dat die nuwe kennis onder andere sal bydra tot ‘n toename in wildverwante vervolgings van geldwassery.