
PM berig oor ‘n kompetisie om Suid-Afrika se eerste Klimaatslim Ambassadeur aan te wys
Loading player...
‘n Interessante kompetisie het pas afgeskop om Suid-Afrika se heel eerste Klimaatslim Ambassadeur aan te wys. Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-kompetisie het op 10 Januarie afgeskop en inskrywings sluit op 28 Februarie 2022. Dit word deur Plaas Media en ‘n veeboerderykonsultant, dr Louis du Pisani aangebied en beloof klaar baie gewild te wees. Van die pryse is onder andere ‘n handige kontantprys en ‘n spesiale boeredag wat op die wenner se plaas gehou sal word en verder sal die verrigtinge ook verfilm word.