
Dr Johnny vd Merwe van die NWU gee die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers skerp gestyg die afgelope week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het ook steeds gestyg. Hoenderpryse het weer gedaal, terwyl varkvleispryse ook effens gedaal het. Verdere dalings kan verwag word. Bokpryse het intussen gestyg. Wat graanpryse aan betref, is daar die afgelope week druk op pryse geplaas.