
PM berig onder andere oor studies wat toon dat meel uit kanola dalk metaanvrystellings by melkbeeste kan verminder
Loading player...
Navorsing wat onlangs in Kanada gedoen is, toon dat kanolameel oor die nodige potensiaal beskik om metaanvrystellings van beeste te verlaag en selfs melkproduksie te verhoog. Die rantsoene wat aan melkbeeste gevoer is, is aangepas om die bevindings te kon maak. Ons berig ook oor Kaliforniese kondors, ‘n hoogs bedreigde aasvoelspesie, wat kuikens gekry het sonder die teenwoordigheid van enige manlike genetiese DNS en ‘n moontlike verduideling vir die rede daarvoor.