NHS bied 26 Februarie interhoër aan

Loading player...
Hoërskool Nelspruit bied volgende maand die interhoër aan, na hierdie vriendskaplike atletiek-byeenkoms in 2021 glad nie plaas kon vind nie. Hoof, Johan Hattingh, sê beloof om die leerlinge 'n stukkie "normaal" te bied te midde van die pandemie.
Op 26 Februarie sal sewe hoërskole op hul terrein deelneem.
Sowat duisend atlete sal die helfte van die toegelate 2-duisend mense beslaan, en daarna kry leerlinge van die sewe skole voorkeur vir bywoning.
Hattingh sê hulle hou duim vas dat meer mense, en ouers, teen dan toegelaat mag word.
Elke atleet mag aan vier items deelneem, met twee van elke skool in elke item.
17 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Finale hekkie in Curriebeker wag

Die Airlink Pumas het die WP Saterdag met 39-13 in hul Curriebeker-wedstryd in Kaapstad geklop en bly sodoende in die stryd vir die uitspeelrondes. Die Pumas is nou 5de op die punteleer, met die segelose WP heelonder. Hulle speel Vrydagaand in Durban teen die Haaie in die finale ronde om…
4 Sep 6 min

House of Plumbing skou saam met 100.5FM

Die Mpumalanga Skou is hier en 100.5FM saai regstreeks uit vanaf Mbombela-stadion. Saterdag is dit saam met House of Plumbing. Craig Irwin het met Sonop Ontbyt gesels.
4 Sep 9 min

Produkta bied jou 'n nuwe ervaring

Richardt Strauss, die groep verkopebestuurder van Produkta Pre Owned Vehicles, maak Neels se oggend want hy wil net oor voertuie praat.
3 Sep 12 min

LDV en 100.5FM skou Vrydag saam

100.5FM saai Vrydag regstreeks uit vanaf die Mpumalanga Skou saam met LDV. Neil Barker en Andrew Hare kuier in die ateljee.
3 Sep 17 min

Plaaslike advokaat onder toppresteerders in SA

Adv. Kobus van der Walt het Maandag by Charles 'n draai gemaak tydens Laeveld Bliss om oor die toekenning te gesels wat hy ontvang het as een van drie landwye toppresteerders van die Nasionale Vervolgingsgesag. Hy is tans senior staatsadvokaat by die Mpumalanga NVG se Batebeslagleggingeenheid.
2 Sep 14 min