PM berig oor ‘n baie interessante Turksvy Inligtingsdag wat binnekort in Hopetown aangebied gaan word

Loading player...
‘n Baie interessante inligtingsdag oor alternatiewe gebruike van turksvye, word binnekort in Hopetown in die Noord-Kaap gehou. Die hele spektrum van totale turksvyplant tot veevoerblokke sal bespreek word. Onderwerpe wat onder andere onder die soeklig geplaas word, is onttrekking van pitte vir olie, preservering van vrugtepulp en skille as energiebron en die gebruike van blaaie wat gesnipper, gedroog en vir mieliemeelvervanging aangewend kan word.
17 Jan 2022 2AM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes