
PM gesels vandag oor ‘n onlangse studie wat seesterre aanbeveel as veevoer
Loading player...
‘n Studie wat onlangs gedoen is, het die potensiaal uitgewys om seesterre as veevoer te gebruik vir speenvarke en pluimvee. Seestermeel bevat aansienlike vlakke van broodnodige aminosure en dit word goed deur varke verteer. Seesterre is ‘n plaag by mosselplase en kan groot verliese in mosselproduksie veroorsaak. Die nuwe studies het egter getoon dat seesterre nuttig aangewend kan word.