
Agri-uur: 15 Desember, Johan van den Berg
Loading player...
Sentraal Suid-Afrika het reeds die afgelope paar weke goeie neerslae ontvang met sekere dele wat donderweer en swaar reën gekry het. Damme raak al hoe voller en inwoners en boere wat langs die damme geleë is, word gewaarsku van moontlike oorstromings. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, sê weerstelsels toon dat nog reën op pad is. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat...