
PM gesels met Dr Johnny vd Merwe van die NWU oor die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand effens versterk in hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het stabiel gebly, maar veral in die Noordwes Provinsie gedaal. Stoorlammers se prys het ook effens gedaal en die verwagting is dat dit verder kan daal in die volgende paar weke. Hoenderpryse is ook steeds laag.