
Agri-uur: 6 Desember, Jakkals le Roux
Loading player...
Feestyd word tipies gekenmerk deur omgee en die samekomste van vriende en familie, maar vir boere is dit 'n tyd om meer waaksaam te wees aangesien plaasaanvalle gewoonlik hierdie tyd van die jaar toeneem. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, versoek boere om op hulle hoede te wees. Le Roux se versoek volg nadat twee Vrystaatse boere verlede week op hulle plase aangeval is. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…