
Agri-uur: 22 November, Ben Janse van Rensburg
Loading player...
Die teel van diere is in die algemeen nié 'n situasie van onmiddellike beloning nie. As 'n mens kyk na skouhoenders en die teling daarvan, is die doel om gewoonlik die standaard van perfeksie oor tyd te verbeter. Ben Janse van Rensburg, ‘n liefhebber en teler van skouhoenders by Bainsvlei buite Bloemfontein in die Vrystaat, sê daar is verskeie dinge waarna voornemende skouhoender-telers moet kyk voordat hulle hoenders begin aankoop om te teel. Om uit te vind wat hierdie dinge is, het OFM-nuus se Elsabé Richard met hom gesels…