
Die bekende regskundige, Hans-Jurie Moolman berig oor die regsaspekte wat ter sprake is by uitvoerpermitte
Loading player...
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat spesialiseer in grondreg en vandag bespreek hy die kwessie rondom uitvoerpermitte. Die BEE-kode het ter sprake gekom by aansoeke om uitvoerpermitte. ‘n Verskeidenheid regulasies is van toepassing en landbouers moet hulself vergewis van die inhoud daarvan. Besighede met ‘n omset van minder as R10 miljoen word in meeste gevalle kwytgestel hiervan. Moolman brei verder uit oor vereistes waaraan voldoen moet word.