
PM berig oor ‘n vreemde nuwe metode om kos te kook…
Loading player...
Ingenieurs in Columbia het ver gevorder met navorsing om kos met laser gaar te maak. ‘n Volledige digitale sjef is onlangs gebou en bestanddele kan tot op ‘n millimeter-presisie vervaardig word. Volgens die kenners is daar geen opwarmingsmetodes nie. As voorbeeld is hoendervleis met blou- en infrarooi lig blootgestel en is bevind dat vleis wat op hierdie wyse gaargemaak is, onder andere 50% minder gekrimp het. Meer voginhoud is behou en ‘n soortgelyke geur is behou as die tradisionele gaargemaakte vleis.