
Landbounuus-podcast: Wydverspreide reën deur landbouers verwelkom
Loading player...
Wydverspreide reën is deur landbouers, wat veral in droogtegeteisterde gebiede in sentraal Suid-Afrika geleë is, verwelkom. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê wat die veld betref, groei die weiding stadig maar daar is tekens van plante wat begin groei. Hy sê daar is nog 'n lang herstelpad en dat baie opvolgreën nodig is sodat weidingskapasiteit in droë- en brandgeteisterde gebiede weer volledig kan herstel.