PM gesels met Dr Johnny vd Merwe van die NWU oor die jongste kommoditeitspryse.

Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand verswak in hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Dit het diesel- en ander brandstofpryse skerp laat styg. Slagpryse by vee beweeg steeds opwaarts. Stoorlammers se prys het ook gestyg en die beskikbaarheid is min. Hoenderpryse het verder gedaal terwyl varkvleispryse weer gestagneer het. Bokpryse daal verder as gevolg van ‘n kleiner vraag.
3 Nov 2021 5AM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes