
PM gesels met die oud-Springbokrugbyspeler, Bakkies Botha, oor sy beesboerdery.
Loading player...
Die bekende Springbokrugbyspeler, Bakkies Botha, het sedert sy uittrede uit rugby, tot die landbou toegetree toe hy weer in Suid-Afrika kom woon het. Botha vertel van die Beefmaster-beesras waarmee hy boer en ook vir sy voorliefde vir nuwe genetika. Hy gee ook sy mening oor kort- en langtermyndoelwitte wat hy vir homself gestel het en gesels positief oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika. Botha moedig mense verder aan tot ‘n positiewe ingesteldheid.