
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week weer op sy swakker vlak teenoor die Amerikaanse dollar gebly. Beesvleispryse het tans verhoog teenoor die ooreenstemmende tye van verlede jaar. Die Desember-mark kan weer pryse laat styg. Varkvleis- en bokpryse het ook effens gestyg. Wat groente- en vrugteprodukte aan betref, het veral avokadopryse die afgelope week begin styg.