
In sy weeklikse praatjie, gesels Charl Shaunderson vandag oor die rol van landbou in Suid-Afrika.
Loading player...
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie gesels hy oor die belangrike rol van landbou in Suid-Afrika. Saunderson verduidelik die reuse bydrae wat landbouers speel om die inwoners van die land te voed en te sorg vir voedselsekuriteit. Hy bring hulde aan al die harde werk wat verrig word. Hy vertel ook van die moeilike omstandighede na die verwoestende veldbrande van die afgelope week en pleit by mense om hulp te verleen.