
Agri-uur: 30 September, Erich Stoch
Loading player...
Skade weens wegholveldbrande tussen 1 Mei en 23 September in Noordwes beloop tussen as R2,75 en R3,5 miljard. Dit is volgens Erich Stoch, voorsitter van die Noordwes Sambreel-brandbeskermingsvereniging. Stoch voeg by dat meer as 600 000 hektaar veld gedurende die genoemde tydperk in die provinsie verwoes is. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…