
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week baie verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers het effens gestyg en slagpryse het sywaarts beweeg. Die gemiddelde stoorlampryse het effens gedaal. Hoendervleispryse het stadig opwaarts beweeg in die afgelope week en bokpryse oor die algemeen gedaal. Aartappelpryse het met rekordhoogtes gestyg saam met koringpryse.