
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week steeds sterker getoon teenoor die Amerikaanse dollar. Stoorlammers se pryse het weer effens gedaal saam met slagpryse wat afwaarts beweeg het hierdie week. Varkvleispryse het gestyg in die afgelope week. Aartappelpryse het intussen hoog gebly.