
Agri-uur: 16 Augustus, Christelle van der Merwe
Loading player...
Daar is verskeie voordele om elke dag die voorreg te hê om op ‘n plaas wakker te word. Die natuur, voëls wat dwarsdeur die dag gehoor kan word, en geen verkeer om jou oor te bekommer nie. Daar is egter ook nadele en wanpersepsies. OFM-nuus se Elsabé Richard het met Christelle van der Merwe, ‘n boer se vrou uit die Fauresmith-omgewing in die Vrystaat, hieroor gesels...