
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die Rand hierdie week sterker getoon teenoor die Amerikaanse dollar. Stoorlammers is steeds baie skaars en dit het ‘n invloed op pryse wat hoog is. Hoenderpryse en varkvleispryse het intussen skerp gedaal. Bokpryse het onveranderd gebly. Versteurings in die waardeketting het ook voorgekom.