
PM het Agri Wes-Kaap se jaarkongres in Paarl bygewoon en het gesels met die President van die organisasie...
Loading player...
Agri Wes-Kaap het einde verlede week hul jaarkongres in Paarl gehou. Villiers Loubser, ‘n wynboer van die Durbanville/Philidephia-distrik is tydens die virtuele kongres herkies as President van die organisasie. Die kongrse se tema was “Verenig nou meer as ooit”. Loubser het mede-landbouers aangemoedig om georganiseerde landbou te ondersteun. Hy het ook beklemtoon dat landbouers moet doen waarvoor hulle geroepe is en dit is om voedsel te voorsien en nie te veel van stryk af gebring word deur politieke retoriek nie.