
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand weer baie verswak in die laaste week teenoor die Amerikaanse dollar. Die olieprys wat skerp gestyg het, gaan ook ‘n bepaalde invloed op insetkostes uitoefen. Stoorlammers is steeds baie skaars en dit het steeds ‘n invloed op pryse wat hoog is. Varkpryse het gedaal, maar bokpryse het weer opwaarts gestyg. Aartappelpryse het ook skerp gestyg.