KOPSKUIF - Ds. JH Majiedt - Wees diensbaar ongeag moeilike tye

Loading player...
24.07.2021 - Ons almal, as landsburgers van SA het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons medemens. Ons moet onsself diensbaar stel vir ander, welke dit nou is vir morele ondersteuning, finansieel, ‘n bordjie kos of net ‘n woord van bemoediging.
Die uitdagende tye waarin ons onsself nou bevind verg ook van ons om uit die boks moet dink, maar nog steeds relevant bly en vorentoe beweeg.
Vandag gesels ek met ds. Majiedt, die predikant by die VGK kerk Okiep gemeente in Namakwaland. Ek wil graag by dominee uitvind hoe die kerk nog steeds relevant bly in die tye en sy rol wat hy speel tot die ontwikkeling van ons jeug. So bly ingeskakel op 729 AM, Radio Kaapse Kansel, want na die breek kuier ons lekker saam hier op Kopskuif.
24 Jul 2021 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Wiskunde vir Kleuters – Lizette van Huyssteen

In hierdie episode van Kopskuif gesels Mercia Eksteen met Lizette van Huyssteen, stigter van die Practica Program, oor hoe kleuters van kleins af ’n natuurlike aanvoeling vir wiskunde kan ontwikkel. Ontdek hoe hierdie vaardigheid nie net leer help nie, maar ook die lewe later vergemaklik en nuwe deure oopmaak.
16 Aug 47 min

KOPSKUIF - 94 Jaar van Erfenis en Hoop – met Toni Ward

In hierdie episode van Kopskuif gesels Toni Ward, voorsitter van die ATKV-tak Kro’bossie in De Aar, oor die tak se rol as kulturele anker die afgelope 94 jaar. Luister hoe sy vertel van projekte wat erfenis bewaar, Afrikaans laat blom, jong talent ontwikkel en toekomstige leiers help vorm. ’n Viering…
19 Jul 24 min

KOPSKUIF - Jerome Rex – Die Woordsmid agter die Musiek

Woordsmid, liedjieskrywer en rymkletser Jerome Rex kuier saam op Kopskuif en deel sy unieke reis van hoe hy hiphop en kerkmusiek op kreatiewe wyse saamgevoeg het. In hierdie episode gesels hy openhartig oor sy musiekloopbaan, toneelspel, sy rol as pa en die stories agter die lirieke. Skakel gerus in om…
26 Jul 32 min