
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week weer baie verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het oor die algemeen sywaarts beweeg. Stoorlammers is steeds baie skaars en dit het steeds ‘n invloed op pryse wat hoog is. Hoenderpryse het ook gestyg as gevolg van die verswakking in die wisselkoers.