Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week baie verswak teenoor die Amerikaanse dollar, hoofsaaklik as gevolg van die onrus in die land. Stoorlammers is steeds baie skaars en dit het ‘n invloed op pryse wat steeds hoog is. Die vraag bly ook steeds hoog. Die verwagting is dat hulle die hoogste pryse se plafon bereik het. Hoenderpryse het ook gestyg en wat aartappels aan betref was daar ‘n daling, terwyl pynappels se pryse die hoogte ingeskiet het.
14 Jul 2021 3AM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes