Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit gesels vandag oor die verlengde fase 4 inperkingsmaatreëls.

Loading player...
Dr Frikkie Mare, bekende landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, praat vandag oor die ekonomiese gevolge van die afgelope paar dae se gebeurtenisse. Hy verwys na die sogenaamde “brand van die land”, wettelose betogings, plundery en ander negatiewe faktore. Aan die ander kant is die weiveld en gesaaides wat afbrand na verwoestende veldbrande ‘n groot probleem vir die landbousektor. Die onbeheerbare brande hou vir veeboere groot risikos in. Duisende hektare word in ‘n oogwink verwoes. Die volkome herstelperiode kan selfs tot 2 jaar neem en juis daarom is maatreels soos goeie voorsorg noodsaaklik.
13 Jul 2021 3AM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes