
Hans-Jurie Moolman bespreek vandag hofbevele en die nie-nakoming daarvan.
Loading player...
Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige, gesels vandag oor die nie-nakoming van hofbevele. Hy verduidelik ook wat minagting van die hof beteken en wat die gevolge daarvan is. Verder word verduidelik watter gesag het die howe in Suid-Afrika en wat is die afdwingingsgesag. ‘n Versuim om ‘n hofbevel na te kom, kan lei tot ‘n bevel in terme van minagting van die hofbevel. Daar is egter verpligtinge wat aan die hof bewys of gelewer moet word, dat die persoon op wie die spesifieke hofbevel toegepas word, behoorlik kennis daarvan gekry het.