PM berig oor ‘n jarelange hofstryd oor boerboele wat onlangs ten einde geloop het.

Loading player...
‘n Jarelange stryd oor die wetlikheid van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersgenootskap het tot ‘n einde gekom met die uitspraak onlangs van die Hooggeregshof in Gauteng waar die hof onder andere beslis het dat die genootskap wel wetlik geregistreer is. ‘n Dispuut oor of swart boerboele in die ras aanvaar kan word of nie, is ook opgelos. Die hof het ook beslis dat die registrateur van veeverbetering, nie by magte was om die genootskap nietig te verklaar nie.
21 Jun 2021 3AM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes