
Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Rentekoerse in SA kan teen die einde van die jaar begin styg. Speenkalwers is tans skaars. Hoendervleis het gedaal, terwyl varkpryse ook effens gedaal het. Daar is ook ‘n goeie vraag na bokvleis. Wolpryse het intussen ook gestyg.